Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 58:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Here sê:Roep uit volle bors,moet niks verswyg nie!Laat jou stem hoor, duidelik soos 'n ramshoring!Wys my volk op hulle oortredinge,die afstammelinge van Jakob op hulle sondes.

2. Hulle vra wel elke dag na my wil,asof hulle graag wil weet wat Ek van hulle verwag.Hulle gee voor dat hulle 'n nasie is wat doen wat reg isen hom aan die bepalings van sy God hou.Hulle vra My wel om regverdige beslissingsasof hulle van my teenwoordigheid hou.

3. Hulle vra:“Waarom vas ons, maar U sien dit nie, verootmoedig ons ons, maar U gee nie aandag daaraan nie?”Dit is omdat julle op die vasdae doen wat julle wilen die mense wat vir julle werk, nog harder laat werk.

4. Julle vasdae loop uit op twis en rusie,julle dam mekaar met die vuis by.Julle kan nie op hierdie manier vasen dan verwag dat julle gebed verhoor sal word in die hemel nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 58