Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 50:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. So sê die Here:Waar is die skeibrief wat Ek vir jou moeder gegee hettoe Ek van haar geskei het?Of aan wie het Ek geld geskulddat Ek julle daarvoor aan hom gegee het?Nee, dit is oor julle sondes dat julle verkoop is,oor julle oortredings dat Ek van julle geskei het.

2. Waarom was daar niemand toe Ek gekom het nie?Waarom het niemand geantwoord toe Ek geroep het nie?Is Ek nie in staat om te verlos nie,het Ek nie die krag om te red nie?Wanneer Ek die see aanspreek, droog hy op.Ek laat riviere opdroog:die visse stink, daar is nie water nie,hulle vrek sonder water.

3. Ek maak die hemel donker,Ek trek vir hom rouklere aan.

4. Die Here my God het my geleerom die regte woorde te gebruiksodat ek dié wat moeg is, kan moed inpraat.Elke môre laat Hy my opnuut weer luister,Hy laat my luister soos 'n leerling moet luister.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 50