Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 42:8-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Ek is die Here, dit is my Naam,die eer wat My toekom, gee Ek aan geen ander nie,die lof wat My toekom, gee Ek nie aan gesnede beelde nie.

9. Wat Ek vroeër aangekondig het, het plaasgevind.Ek kondig nuwe dinge aan.Voor dit begin gebeur, laat Ek julle al daarvan hoor.

10. Sing tot eer van die Here 'n nuwe lied,sing sy lof oor die hele aarde,almal wat op die see vaar, alles wat in die see is,al die eilande en dié wat daarop woon.

11. Laat die woestyn en sy stede die lof van die Here uitroep,die dorpe in die omgewing van Kedar,laat die inwoners van Sela jubel,laat hulle van die toppe van die berge af juig.

12. Laat hulle aan die Here eer bewysen op die eilande sy lof verkondig.

13. Die Here ruk op soos 'n soldaat,strydlustig soos 'n krygsman.Hy skree en roep die oorlogskreet uit.Hy oorwin sy vyande.

14. Ek het lank stilgebly,Ek het geswyg, My bedwing.Nou skree Ek soos 'n vrou wat 'n kind in die wêreld bring.Ek hyg, Ek snak na asem.

15. Ek laat die berge en rante verdor,Ek laat al die plante daarop verdroog.Ek laat die riviere opdroog,Ek laat die rietvleie droog word.

16. Ek laat die blindes loop op 'n pad wat hulle nie ken nie,Ek laat hulle op paaie gaan wat vir hulle onbekend is.Ek verander die donker voor hulle in ligen Ek maak die ongelyk plekke gelyk.Dit is wat Ek gaan doen,Ek gaan daar nie van afsien nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 42