Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 42:3-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. 'n Geknakte riet sal hy nie afbreek nie,'n lamppit wat dof brand, sal hy nie uitdoof nie.Hy sal my wil bekend maak soos dit is.

4. Self sal hy ook nie uitgedoof of geknak word nietotdat hy my wil op aarde gevestig het.Die eilande wag op wat hy hulle sal leer.

5. So sê God, die Here,Hy wat die hemelkoepel geskep en dit oopgespan het,Hy wat die aarde gevorm het en alles wat dit oplewer,Hy wat aan al die mense op aarde die asem gee,die lewe aan alles wat op die aarde beweeg:

6. Ek is die Here.Omdat Ek getrou is aan my verbond, het Ek jou geroep.Ek hou jou vas,Ek beskerm jouen Ek maak jou my verbond met my volk,my lig vir die nasies.

7. Jy sal blindes laat sien,jy sal gevangenes uit die tronk bevry;wie in die donkerte van die gevangenis sit,sal jy laat uitgaan.

8. Ek is die Here, dit is my Naam,die eer wat My toekom, gee Ek aan geen ander nie,die lof wat My toekom, gee Ek nie aan gesnede beelde nie.

9. Wat Ek vroeër aangekondig het, het plaasgevind.Ek kondig nuwe dinge aan.Voor dit begin gebeur, laat Ek julle al daarvan hoor.

10. Sing tot eer van die Here 'n nuwe lied,sing sy lof oor die hele aarde,almal wat op die see vaar, alles wat in die see is,al die eilande en dié wat daarop woon.

11. Laat die woestyn en sy stede die lof van die Here uitroep,die dorpe in die omgewing van Kedar,laat die inwoners van Sela jubel,laat hulle van die toppe van die berge af juig.

12. Laat hulle aan die Here eer bewysen op die eilande sy lof verkondig.

13. Die Here ruk op soos 'n soldaat,strydlustig soos 'n krygsman.Hy skree en roep die oorlogskreet uit.Hy oorwin sy vyande.

14. Ek het lank stilgebly,Ek het geswyg, My bedwing.Nou skree Ek soos 'n vrou wat 'n kind in die wêreld bring.Ek hyg, Ek snak na asem.

15. Ek laat die berge en rante verdor,Ek laat al die plante daarop verdroog.Ek laat die riviere opdroog,Ek laat die rietvleie droog word.

16. Ek laat die blindes loop op 'n pad wat hulle nie ken nie,Ek laat hulle op paaie gaan wat vir hulle onbekend is.Ek verander die donker voor hulle in ligen Ek maak die ongelyk plekke gelyk.Dit is wat Ek gaan doen,Ek gaan daar nie van afsien nie.

17. Dié wat op afgode vertrou,wat vir beelde sê: “Julle is ons gode,”sal op die vlug moet slaan, teleurgestel in hulle verwagting.

18. Luister, julle dowes,kyk, julle blindes, dat julle kan sien.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 42