Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 42:18-25 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. Luister, julle dowes,kyk, julle blindes, dat julle kan sien.

19. Is daar iemand so blind soos my dienaar,so doof soos my boodskapper wat Ek stuur?Is daar iemand so blind soos die eenwat vir sy sonde gestraf is,so blind soos die dienaar van die Here?

20. Julle het baie gesien, maar julle slaan nie ag daarop nie,julle het gehoor, maar julle luister nie.

21. Die Here het vreugde daaraan om getrou te wees,Hy laat sy woord roem en eer ontvang.

22. Maar sy volk is as 'n stuk buit weggevoer,hulle word almal in gate gevange gehou,hulle is in gevangenisse opgesluit.Hulle het buit geword, en niemand red hulle nie,hulle het gevangenes geword,en niemand sê: “Laat hulle teruggaan!” nie.

23. Wie van julle neem dit waar?Wie van julle gee aandagen luister met die oog op wat voorlê?

24. Wie het van Jakob 'n gevangene gemaak,wie het vir Israel oorgegee aan dié wat buit gemaak het?Is dit nie die Here nie, Hy teen wie ons gesondig het?Ons wou nie sy wil doen nie,ons wou nie na sy woord luister nie.

25. Daarom het Hy sy toorn teen hulle laat ontvlam:die geweld van oorlog.Daar was vlamme rondom hulle,maar hulle wou nie verstaan nie;dit het hulle gebrand,maar hulle wou dit nie ter harte neem nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 42