Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 28:1-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Ellende wag vir Samaria,die kroon, die trots van die dronkaards van Efraim,die roem van die drankverslaafdes,die krans van verwelkte blomme,dié stad hoog bokant die vrugbare vallei.

2. Die Here het iemand tot sy beskikkingwat sterk en magtig isen wat dié kroon grond toe sal bringsoos 'n haelstorm, soos 'n vernietigende stormwind,soos stortreëns uit 'n wolkbreuk.

3. Dié kroon, die trots van die dronkaards van Efraim,sal met die voete vertrap word,

4. dié krans van verwelkte blommewaaroor hulle roem,die stad hoog bokant die vrugbare valleiis soos 'n ryp voorvy:wie hom sien, pluk hom en kyk skaars na homvoor hy hom wegsluk.

5. Daardie dag sal die Here die Almagtige die kroon wees,die krans waaroor dié sal roemwat van sy volk oor is.

6. Hy sal aan dié wat reg moet spreek,'n sin vir reg gee,Hy sal krag gee aan dié wat die aanval moet afslaanby die stadspoorte.

7. Maar ook die priesters en profete hier in Jerusalemslinger en waggel van dronkenskap;hulle slinger, hulle is beneweld,hulle waggel van die wyn en die drank;die profete slinger wanneer hulle gesigte moet uitlê,die priesters loop twee rye sporewanneer hulle regsbeslissings moet maak.

8. Al die tafels is vol braaksel,daar is nie 'n plek wat nie bemors is nie.

9. Hulle sê: “Vir wie wil Jesaja leer,vir wie wil hy die boodskap uitlêwat hy sou gehoor het?Ons is nie kinders wat pas gespeen is,wat nou net van hulle ma's se borste afweggevat is nie!

10. Wat ons van hom hoor,is 'n bietjie brabbeltaal hieren 'n bietjie brabbeltaal daar!”

11. Hy sál in die vervolg met dié volk praatmet stotterende woorde, in 'n vreemde taal.

12. Hy het vir hulle gesê: Die rus moet hier wees,gee hier vir die vermoeide rus,hier is die plek vir vrede!Maar hulle wou nie luister nie.

13. Die woord van die Here tot hulle sal nou wees'n bietjie brabbeltaal hieren 'n bietjie brabbeltaal daar,sodat hulle sal struikel waar hulle ook gaan,verstrik sal raak, gevang en vernietig sal word.

14. Hoor die woord van die Here, julle ligsinnigeswat regeer oor hierdie volk in Jerusalem!

15. Julle sê: “Ons het 'n ooreenkoms met die dood,ons het 'n verstandhouding met die doderyk;wanneer die vloed aangestroom kom,sal hy ons nie tref nie.Ons het die leuen ons skuilplek gemaak,ons kruip veilig weg agter die valsheid!”

16. So sê die Here my God:Ek gaan in Sion 'n klip neersit,'n uitgesoekte klip, 'n hoekklipwat fondament aan fondament sal sluit.Wie op My vertrou, hoef nie te vlug nie.

17. Ek maak geregtigheid die maatstaf,regverdigheid die toets.Die hael sal julle skuilplek van leuens uitwis,die water sal julle wegkruipplek wegspoel.

18. Julle ooreenkoms met die dood word opgehef,julle verstandhouding met die doderyk sal nie bly staan nie.Wanneer die vloed aangestroom kom,sal julle in hom ondergaan.

19. Hy sal julle meesleur elke keer as hy kom,en hy sal dag vir dag kom,dag en nag.Dan sal dit louter verskrikking weesom die boodskap uit te lê wat ontvang is.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 28