Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 27:7-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Die Here het sy volk nie geslaansoos Hy hulle teëstanders geslaan het nie.Hy het hulle ook nie doodgemaak,soos Hy hulle moordenaars doodgemaak het nie.

8. Die Here het sy volk gestrafdeur hulle te verjaag en weg te dryf.Met 'n sterk wind het Hy hulle weggewaai ooste toe.

9. As Jakob al sy altaarklippe fyn stampsoos 'n mens 'n kalkklip fyn stamp,as hy nie gewyde pale en wierookaltare vir sy afgode oprig nie,sal daar versoening wees vir sy oortreding,sal sy sonde van hom af weggeneem word.

10. Die versterkte stad lê verwoes:'n plek sonder inwoners,verlate soos die woestyn.Dáár wei net kalwers,en hulle vreet wat daar groei,en dáár gaan hulle lê.

11. Die droë takke word afgebreek,vrouens kom en maak vuur daarmee.Israel is 'n volk sonder begrip van wat Ek doen.Daarom sal sy Maker hom nie langer liefhê nieen sal sy Skepper hom nie genadig wees nie.

12. Daardie dag sal die Here sy oes inbringvan die Eufraat af tot by die grens van Egipte,en julle, Israeliete, sal die koringare wees wat één-één opgetel word.

13. Daardie dag sal die groot ramshoring geblaas word.Dan sal almal aankom wat in Assirië verstrooi was,ook dié wat na Egipte toe verjaag is.Hulle sal die Here aanbid op die heilige berg in Jerusalem.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 27