Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 23:8-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Wie het die besluit geneem oor die ondergang van Tirus,Tirus wat krone vir konings uitgedeel het,wie se handelaars soos prinse ontvang is,wie se sakelui die meeste op die aarde geëer is?

9. Die Here die Almagtige het dit besluit.Hy breek die trots,Hy maak die hoogmoed tot niks, Hy verneder dié wat oor die hele aarde geëer word!

10. Bewerk julle grond soos dit by die Nyl gedoen word, inwoners van Tarsis,want daar is nie meer 'n hawe om mee handel te dryf nie.

11. Die Here het sy hand oor die see uitgesteeken Hy skud die koninkryke.Hy het bevel gegee om Fenisië se vestingstede te vernietig.

12. Hy het gesê: “Sidon, jou dae van feesvier is op 'n end,jy sal verwoes word.Maak klaar, vlug oor na die Kittiërs toe!Ook dáár is nie rus vir jou nie.”

13. Kyk na die Galdeërs se land,sy volk bestaan nie meer nie:hulle land is deur die Assiriërs 'n woonplek vir woestyndiere gemaak,die Assiriërs het stormramme daarteen opgerig en die paleise platgestamp,dit 'n puinhoop gemaak.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 23