Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 2:16-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. teen al die handelskepeen teen al die vaartuie vol kosbaarhede.

17. Die hoogmoediges sal verneder word,die selfversekerdes sal tot 'n val kom.Op dié dag sal net die Here hoog wees.

18. Die afgode sal heeltemal verdwyn.

19. As die Here die aarde begin skud,vlug die mense in grotte in die rotseen in gate in die grond invir die verskrikking wat van Hom komen vir die glans van sy majesteit.

20. Daardie dag sal die mensedie afgode van silwer en goudwat hulle gemaak het om voor te buig,weggooi vir die rotte en die vlermuise.

21. As die Here die aarde begin skud,sal hulle die rotsholtes en die klipskeure invlugvir die verskrikking wat van Hom komen vir die glans van sy majesteit.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 2