Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 5:10-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Klim op sy terrasse en kap die wingerde uit,maar moenie alles vernietig nie;sny af die ranke, want hulle is nie die Here s'n nie.

11. Die mense van Israel en die mense van Judawas ontrou aan My, sê die Here.

12. Hulle het Hom geminag, hulle het gesê:“Hy sal dit nie doen nie, daar sal geen kwaad oor ons kom nieen ons sal nie oorlog of hongersnood beleef nie.

13. Wat die profete sê, is wind,dit is nie die woord van die Here nie.Mag wat hulle sê, oor hulleself kom!”

14. Die Here, die almagtige God, het vir my gesê:Omdat hulle dit gesê het,maak Ek my woorde in jou mond 'n vuur en hierdie volk hout,sodat die vuur hulle verteer.

15. Kyk, mense van Israel,Ek laat 'n nasie uit 'n ver land teen julle optrek, sê die Here,'n nasie wat lankal bestaan, van die ou tyd af,'n nasie wie se taal julle nie ken nie,wie se woorde julle nie verstaan nie.

16. Hulle is dodelike boogskutters, almal dapper vegters.

17. Hulle sal jou oeste en jou kos verteer,jou seuns en jou dogters om die lewe bring,jou kleinvee en jou beeste slagen jou wingerdstokke en jou vyebome vernietig,jou vestingstede waarop jy jou vertroue vestig,met die swaard inneem.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 5