Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 49:21-30 Afrikaans 1983 (AFR83)

21. Die aarde sal skud van die dreun van Edom se val,die geroep om hulp sal gehoor word tot by die Rietsee.

22. Die vyand sal soos 'n aasvoël opvliegen afsak en oor Bosra sweef,en daardie dag sal Edom se soldate so bang weessoos vrouens wat vasgekeer is.

23. Oor Damaskus.Hamat en Arpad is verslae,hulle het slegte nuus gehoor,hulle is onrustig, soos 'n onstuimige see,hulle kan nie tot rus kom nie.

24. Damaskus is magteloos,hy draai om om te vlug,hy is vreesbevange,angs en pyn soos dié van 'n vrouwat 'n kind in die wêreld bring,het hom beetgepak.

25. Hoe word so 'n beroemde stad dan nie gespaar nie,so 'n vrolike stad?

26. Sy jongmanne sal op sy strate sneuwel,al sy soldate sal omgebring wordwanneer die tyd daar is, sê die Here die Almagtige.

27. Ek steek die stad Damaskus aan die brand,die vuur sal die paleise van Ben-Hadad verteer.

28. Oor Kedar en oor die koninkryke van Gasor wat deur koning Nebukadnesar van Babel aangeval is. So sê die Here:Kom, val vir Kedar aan,verdryf dié mense wat in die ooste woon!

29. Hulle tente en hulle kleinvee sal gevat word,hulle tentdoeke, hulle gereedskap,hulle kamele sal geroof word,en mense sal vir hulle skreeu: “Gevaar! Gevaar!”

30. Vlug! Hardloop!Kruip diep weg, inwoners van Gasor!sê die Here;koning Nebukadnesar van Babel het 'n plan met julle,hy het 'n besluit oor julle geneem.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 49