Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 48:2-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Die roem van Moab word nie meer besing nie;sy ondergang word in Gesbon beplan:“Kom ons roei daardie nasie uit!”Ook aan Madmen word 'n einde gemaak!Die swaard is agter jou aan!

3. Van Goronajim af klink smartkreteoor die groot verwoesting en ondergang.

4. Moab word uitmekaargeskeur;smartkrete weerklink in sy dorpies.

5. Sy mense klim huil-huildie opdraand na Lugit toe uit;benoude smartkrete oor die ondergang van Moabweerklink op die pad af na Goronajim toe.

6. Vlug! Probeer wegkom,word liewer soos 'n kaal bossie in die woestyn!

7. Omdat jy jou vertroue gestel hetin wat jy self gedoen en vergaar het,word jy ook 'n gevangeneen word Kemos in ballingskap weggevoersaam met sy priesters en sy amptenare.

8. Die verwoester pak elke stad,nie een kom vry nie.Die Jordaanvallei gaan tot niet,die hoogvlakte word verwoes,want die Here het gepraat.

9. Laat Moab vlug,want die land lê in puin.Sy stede lê verlate, sonder inwoners.

10. Daar rus 'n vloek op elkeen wat traag isom die werk te doen wat die Here hom gegee het,op elkeen wat sy swaard nie vrylikbloed laat vergiet nie.

11. Moab sit van sy jeug af rustig,so ongestoord soos wyn op sy afsaksel,wyn wat nie van een kruik in 'n ander oorgegooi is nie.Hy is nooit in ballingskap weggevoer nie;sy smaak het dieselfde gebly,sy geur het nie verander nie.

12. Maar daar kom 'n tyd, sê die Here,dat Ek mense stuur wat wyn uitgooi,en hulle sal Moab uitgooi,hulle sal sy kruike leegmaak,sy wynkanne stukkend slaan.

13. Moab sal by Kemos nie hulp kry nie,net so min as wat Israel hulp gekry hetby Bet-El op wie hy vertrou het.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 48