Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 47:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. 'n Woord van die Here wat tot die profeet Jeremia gekom het. Dit handel oor die Filistyne, voordat die farao vir Gasa verower het.

2. So sê die Here:Daar kom vloedwater uit die noorde,dit word 'n stroom wat oor sy walle stoot,dit stroom oor die land en alles in hom,oor die stad en sy inwoners.Mense skree, al die inwoners van die land huil

3. wanneer hulle hoor hoe die perdepote klap,die strydwaens dreun, die wiele raas.Pa's draai nie om om hulle kinders te help nie,hulle hande hang slap.

4. Die dag het gekom waarop al die Filistyneuitgeroei word,waarop elkeen wat vrygekom heten vir Tirus en Sidon kan help,doodgemaak word.Die Here gaan die Filistyne uitroei,dié wat nog oor is van almalwat van Kaftoreiland af gekom het.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 47