Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 46:24-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

24. Daar wag 'n neerlaag vir Egipte,hy word oorgegee in die mag van die volk uit die noorde.

25. Die Here die Almagtige, die God van Israel, het gesê: Ek gaan afreken met Amon die god van No, met die farao, met Egipte en met sy gode en sy konings, en met almal wat op hom steun.

26. Ek gee hom oor in die mag van dié wat hom wil vernietig, in die mag van koning Nebukadnesar van Babel en sy onderhoriges. Maar daarna sal Egipte weer bewoon word soos vroeër tye, sê die Here.

27. Maar jy, my dienaar Jakob, moenie bang wees nie!Moenie bekommerd wees nie, Israel!Ek gaan jou red uit daardie ver land,Ek gaan jou nageslag reduit die land waar hulle ballinge is.Jakob sal weer veiligheid en rus geniet,en niemand sal hom bedreig nie.

28. Jy, my dienaar Jakob, moenie bang wees nie,sê die Here,want Ek is by jou.Wanneer Ek 'n einde maak aan al die nasieswaaronder Ek jou verstrooi het,sal Ek aan jou nie 'n einde maak nie.Maar Ek sal jou straf soos jy verdien,jy sal nie ongestraf bly nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 46