Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 4:7-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Die leeu het opgestaan uit sy lêplek,die vernietiger van die nasies is op pad,hy het uit sy blyplek uitgegaan om jou land te verwoes.Jou stede sal in puin lê, sonder inwoners.

8. Daarom, trek rouklere aan, huil en kerm,want die toorn van die Here rus nog op ons.

9. Daardie dag, sê die Here,sal die koning en die amptenare se moed hulle begewe,die priesters sal verslae staanen die profete sal nie weet waarheen nie.

10. Toe sê ek: “Ag, Here my God!U het hierdie volk en Jerusalem bedrieg.U het gesê: ‘Julle sal vrede hê,’maar nou lê die swaard teen ons kele.”

11. Daardie tyd sal daar vir hierdie volk en vir Jerusalem gesê word:'n Gloeiende wind kom oor die heuweltoppeuit die woestyn uit op my volk af,maar nie om die kaf weg te waai en die koring skoon te waai nie.

12. Ek bring die wind in sy volle krag oor hulle,Ek gaan nou die oordeel oor hulle uitspreek.

13. Kyk, die vyand kom so skielik soos wolke,sy strydwaens kom soos 'n stormwind,sy perde is vinniger as arende.Ellende wag vir ons, dit is klaar met ons!

14. Jerusalem, reinig jou hart van die kwaad,dat jy behoue kan bly.Hoe lank sal jy nog bose planne in jou omdra?

15. Daar kom 'n boodskap uit Dan,daar kom slegte nuus van die Efraimsberge af.

16. Vertel dit aan die nasies, maak dit aan Jerusalem bekend:Daar kom wagte uit 'n ver land,hulle beveel hulle manskappe om die stede van Juda aan te val.

17. Soos mense wat graanlande oppas, staan hulle rondom Jerusalem,want hy het teen My gerebelleer, sê die Here.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 4