Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 34:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die woord wat van die Here tot Jeremia gekom het terwyl koning Nebukadnesar van Babel met sy hele leër en met al die koninkryke en volke van die lande waaroor hy geregeer het, oorlog gemaak het teen Jerusalem en die stede onder hom:

2. So sê die Here die God van Israel: Gaan sê vir koning Sedekia van Juda, so sê die Here: Ek sal hierdie stad in die mag van die koning van Babel oorgee. Hy sal dit verbrand.

3. Jy sal nie uit sy mag ontsnap nie, want jy sal beslis gevang en in sy mag oorgegee word. Jy sal die koning van Babel met jou eie oë sien en self met hom praat en dan sal jy na Babel toe gaan.

4. Maar luister na die belofte van die Here, koning Sedekia van Juda! So sê die Here oor jou: Jy sal nie deur die swaard sterf nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 34