Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 30:9-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. want julle sal die Here julle Goden julle koning Dawid dien.Ek sal hom koning maak oor julle.

10. Moenie bang wees nie, my dienaar Jakob,moenie skrik nie, Israel, sê die Here.Ek red jou uit plekke wat ver weg is,jou nakomelinge uit die land waar hulle ballinge is.Jakob sal weer veilig wees en vrede hê,niemand sal hom laat bang word nie.

11. Ek is by jou, sê die Here,Ek sal jou red!Ek sal al die nasies uitwisonder wie Ek jou verstrooi het,maar Ek sal jou nie uitwis nie.Ek sal jou nie ongestraf laat nie,maar Ek sal jou regverdig straf.

12. So sê die Here:Jou wond is ongeneeslik,jou siekte dodelik.

13. Niemand kan jou saak stel nie;daar is nie 'n raat vir jou sweer nie.

14. Almal wat jou liefgehad het, het jou vergeet,hulle gee nie vir jou om nie.Ek het jou geslaan soos 'n vyand dit sou doen:Ek het jou wreed gestraf,want jou ongeregtigheid is groot,jou sondes baie.

15. Waarom skreeu jy oor jou wond,oor jou siekte wat ongeneeslik is?Ek het jou hierdie dinge aangedoenomdat jou ongeregtigheid groot is,jou sondes baie.

16. Almal wat jou verteer, sal verteer word,al jou teëstanders sal in ballingskap weggevoer word,dié wat jou plunder, sal geplunder word,dié wat jou as buit behandel, sal self buit word.

17. Ek sal jou gesond maak,jou wonde genees, sê die Here,selfs al noem hulle jou:Die stad wat verstoot is,Sion vir wie niemand omgee nie.

18. So sê die Here:Ek sal die lot van Jakob se woonplekke verander,Ek sal My ontferm oor die streke waar hy woon:sy stad sal uit sy puin herbou word,sy paleis sal staan waar hy hoort.

19. Daar sal lofsange uit hulle kom,feesliedere!Ek sal my volk baie maak,hulle sal nie minder word nie.Ek sal eer aan hulle gee,hulle sal nie geminag word nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 30