Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 28:10-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Toe vat die profeet Gananja die juk van die profeet Jeremia se nek af en breek dit stukkend.

11. Gananja het voor die hele volk gesê: “So sê die Here: So sal Ek oor twee jaar die juk verbreek wat deur koning Nebukadnesar van Babel gesit is op die nek van al die nasies.”Die profeet Jeremia is toe daar weg.

12. Nadat die profeet Gananja die juk op die profeet Jeremia se nek gebreek het, het die woord van die Here tot Jeremia gekom:

13. Gaan sê vir Gananja: So sê die Here: Jy het houtjukke stukkend gebreek. In plaas daarvan sal jy ysterjukke dra.

14. So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Ek sit 'n ysterjuk op die nek van al hierdie nasies: hulle sal vir koning Nebukadnesar van Babel dien. Hulle sal hom dien, en Ek stel ook die wilde diere tot sy beskikking.

15. Die profeet Jeremia het toe vir die profeet Gananja gesê: Luister, Gananja! Die Here het jou nie gestuur nie. Jy laat hierdie volk staatmaak op leuens.

16. Daarom, sê die Here, gaan Ek jou wegvee van die aarde af. Jy sal vanjaar nog sterf, want jy het opstand teen die Here gepreek.

17. In die sewende maand van daardie jaar is die profeet Gananja dood.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 28