Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 24:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Here het my twee mandjies vye laat sien voor die tempel. Dit was bestem vir die tempel van die Here. Ek het die gesig gesien nadat koning Nebukadnesar van Babel vir koning Jojagin van Juda, seun van Jojakim, saam met die amptenare van Juda en die ambagsmanne en die bouers uit Jerusalem uit in ballingskap weggevoer het en hulle in Babel gebring het.

2. Die een mandjie was vol goeie vye, so lekker soos voorvye. Die ander mandjie was vol slegte vye, so sleg dat 'n mens dit nie kon eet nie.

3. Toe vra die Here vir my: Wat sien jy, Jeremia? en ek antwoord: “Vye. Die goeies is baie goed en die slegtes baie sleg, hulle is so sleg dat 'n mens hulle nie kan eet nie.”

4. Die woord van die Here het tot my gekom:

5. So sê die Here die God van Israel: Ek beskou die ballinge van Juda wat Ek vir hulle beswil uit hierdie plek uit na Galdeërland toe gestuur het, as net so goed as hierdie goeie vye.

6. Vir hulle beswil sal Ek my oog oor hulle hou en Ek sal hulle na hierdie land toe terugbring. Ek sal hulle opbou, nie afbreek nie, Ek sal hulle plant, nie uitruk nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 24