Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 22:22-29 Afrikaans 1983 (AFR83)

22. Die wind sal almal wegwaai wat vir jou sorg,jou helpers sal in ballingskap weggevoer worden jy sal self die vernederende skande moet dra vir jou slegte lewe.

23. Jy wat tussen die seders woon,wie se nes gemaak is van Libanonhout,jy sal kerm wanneer pyne jou tref,pyne soos van 'n vrou in kraam.

24. So seker as Ek leef, sê die Here, al was jy, koning Jojagin van Juda, seun van Jojakim, 'n seëlring aan my regterhand, Ek sal jou uitruk.

25. Ek sal jou uitlewer aan dié wat jou wil doodmaak, aan dié vir wie jy bang is: in die mag van koning Nebukadnesar van Babel en in die mag van die Galdeërs.

26. Ek sal jou en jou ma wat jou in die wêreld gebring het, in 'n vreemde land gooi waar nie een van julle gebore is nie, en daar sal julle sterf.

27. Julle sal nie terugkom na die land toe waarna julle sal verlang om terug te kom nie.

28. Is hierdie man Jojagin 'n weggooiding,'n gebreekte kleipot wat niemand wil hê nie?Waarom is hy en sy kinders dan weggegooi?Waarom is hulle gegooi in 'n landwaarvan hulle nie tevore geweet het nie?

29. Land, land, land,luister na die woord van die Here!

Lees volledige hoofstuk Jeremia 22