Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 2:24-32 Afrikaans 1983 (AFR83)

24. soos 'n wildedonkie wat tuis is in die woestyn.Jy was soos 'n bronstige kameelkoei wat die wind opsnuif,wat onkeerbaar is in haar hittigheid.Die bulle wat haar soek,hoef hulle nie moeg te hardloop agter haar aan nie;wanneer sy wil paar, kry hulle haar maklik.

25. Moenie jou skoene stukkend loop agter die afgode aan nie,jou keel laat droog word van die dors nie!Maar jy sê: “Ek sal nie daarmee ophou nie!Ek het die vreemde gode lief, ek wil hulle dien.”

26. Soos 'n dief in die skande kom wanneer hy betrap word,so sal die Israeliete in die skande kom:hulle, hulle konings, hulle amptenare,hulle priesters en hulle profete.

27. Dit is hulle wat vir 'n stuk hout sê: “My vader,”en vir 'n klip: “U het my in die wêreld gebring.”Na My toe het hulle hulle rug gedraai in plaas van hulle gesig.Dit is net wanneer 'n ramp hulle trefdat hulle sê: “Kom red ons tog!”

28. Waar is jou gode wat jy vir jou gemaak het?Laat hulle jou kom red wanneer 'n ramp jou tref, as hulle kan!Soveel stede as wat jy het, Juda, net soveel gode het jy.

29. Waarom twis julle met My?Julle het almal teen My in opstand gekom, sê die Here.

30. Tevergeefs het Ek julle kinders gestraf,hulle het nie 'n les daaruit geleer nie.Soos leeus wat alles verskeur,het julle julle profete doodgemaak.

31. Slaan ag op die woord van die Here, my volk!Was Ek dan vir Israel soos 'n woestynof soos 'n stikdonker land?Waarom het my volk dan gesê:“Ons rebelleer, ons wil U nie meer dien nie”?

32. Vergeet 'n meisie haar juwele of 'n bruid haar trourok?Tog het my volk My jare gelede al vergeet.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 2