Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 2:22-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

22. Al sou jy jou was met loog of met hoe baie seep,Ek sal nog die vlekke van jou sonde sien, sê die Here my God.

23. Hoe kan jy dan sê: “Ek het my nie verontreinig nie,ek het nie die Baäls gedien nie”?Kyk hoe het jy jou gedra in die Hinnomdal.Besef tog wat jy gedoen het!Jy was soos 'n kameelkoei wat bul soek, wat kruis en dwars hardloop,

24. soos 'n wildedonkie wat tuis is in die woestyn.Jy was soos 'n bronstige kameelkoei wat die wind opsnuif,wat onkeerbaar is in haar hittigheid.Die bulle wat haar soek,hoef hulle nie moeg te hardloop agter haar aan nie;wanneer sy wil paar, kry hulle haar maklik.

25. Moenie jou skoene stukkend loop agter die afgode aan nie,jou keel laat droog word van die dors nie!Maar jy sê: “Ek sal nie daarmee ophou nie!Ek het die vreemde gode lief, ek wil hulle dien.”

26. Soos 'n dief in die skande kom wanneer hy betrap word,so sal die Israeliete in die skande kom:hulle, hulle konings, hulle amptenare,hulle priesters en hulle profete.

27. Dit is hulle wat vir 'n stuk hout sê: “My vader,”en vir 'n klip: “U het my in die wêreld gebring.”Na My toe het hulle hulle rug gedraai in plaas van hulle gesig.Dit is net wanneer 'n ramp hulle trefdat hulle sê: “Kom red ons tog!”

28. Waar is jou gode wat jy vir jou gemaak het?Laat hulle jou kom red wanneer 'n ramp jou tref, as hulle kan!Soveel stede as wat jy het, Juda, net soveel gode het jy.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 2