Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 2:19-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

19. Die kwaad wat jy gedoen het, sal jou straf word;omdat jy van My af weggedraai het, sal jy daaronder ly.Jy sal agterkom hoe rampspoedig dit is,jy sal proe hoe bitter dit is om My,die Here jou God, te verlaat,om geen eerbied meer vir My te hê nie,sê die Here God, die Almagtige.

20. Jy het my gesag lankal verwerp,jou van My losgemaak, geweier om My te dien;jy het op elke hoë heuwelen onder elke groen boom aan tempelprostitusie deelgeneemen so die afgode gedien.

21. Toe Ek jou geplant het,was jy 'n goeie wingerdstok, opreg gekweek,maar hoe het jy nie verander in onkruid,in 'n wilde wingerdstok nie!

22. Al sou jy jou was met loog of met hoe baie seep,Ek sal nog die vlekke van jou sonde sien, sê die Here my God.

23. Hoe kan jy dan sê: “Ek het my nie verontreinig nie,ek het nie die Baäls gedien nie”?Kyk hoe het jy jou gedra in die Hinnomdal.Besef tog wat jy gedoen het!Jy was soos 'n kameelkoei wat bul soek, wat kruis en dwars hardloop,

24. soos 'n wildedonkie wat tuis is in die woestyn.Jy was soos 'n bronstige kameelkoei wat die wind opsnuif,wat onkeerbaar is in haar hittigheid.Die bulle wat haar soek,hoef hulle nie moeg te hardloop agter haar aan nie;wanneer sy wil paar, kry hulle haar maklik.

25. Moenie jou skoene stukkend loop agter die afgode aan nie,jou keel laat droog word van die dors nie!Maar jy sê: “Ek sal nie daarmee ophou nie!Ek het die vreemde gode lief, ek wil hulle dien.”

26. Soos 'n dief in die skande kom wanneer hy betrap word,so sal die Israeliete in die skande kom:hulle, hulle konings, hulle amptenare,hulle priesters en hulle profete.

27. Dit is hulle wat vir 'n stuk hout sê: “My vader,”en vir 'n klip: “U het my in die wêreld gebring.”Na My toe het hulle hulle rug gedraai in plaas van hulle gesig.Dit is net wanneer 'n ramp hulle trefdat hulle sê: “Kom red ons tog!”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 2