Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 2:10-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Gaan na die Kittiëreilande toe en kyk 'n bietjie, stuur boodskappers na Kedar toe en dink goed na:Het daar al ooit so iets gebeur,

11. dat 'n nasie sy gode verruil het,selfs al was hulle geen gode nie?Maar my volk het My, hulle magtige God, verruilvir gode wat nie kan help nie.

12. Selfs die hemel moet daaroor skrik en beef en sidder! sê die Here.

13. My volk het twee sondes begaan:Hulle het My, die bron van lewende water, verlaat,en hulle het vir hulle waterbakke uit klip gekap,waterbakke wat gebars is en nie water hou nie.

14. Het Israel 'n slaaf geword of is hy 'n slaaf gebore?Waarom is hy dan buitgemaak?

15. Waarom brul en grom die leeus so teen hom?Waarom is sy land verwoes en lê sy stede in puin,sonder inwoners?

16. Die manne van Memfis en Tagpanges sal jou kop inmekaarslaan.

17. Jy het jou dit self aangedoenomdat jy My, die Here jou God, verlaat hettoe Ek jou op jou pad gelei het.

18. Wat wil jy bereik deur na Egipte toe te gaanen water uit die Nyl te gaan drink?Wat wil jy bereik deur na Assirië toe te gaanen water uit die Eufraat te gaan drink?

19. Die kwaad wat jy gedoen het, sal jou straf word;omdat jy van My af weggedraai het, sal jy daaronder ly.Jy sal agterkom hoe rampspoedig dit is,jy sal proe hoe bitter dit is om My,die Here jou God, te verlaat,om geen eerbied meer vir My te hê nie,sê die Here God, die Almagtige.

20. Jy het my gesag lankal verwerp,jou van My losgemaak, geweier om My te dien;jy het op elke hoë heuwelen onder elke groen boom aan tempelprostitusie deelgeneemen so die afgode gedien.

21. Toe Ek jou geplant het,was jy 'n goeie wingerdstok, opreg gekweek,maar hoe het jy nie verander in onkruid,in 'n wilde wingerdstok nie!

22. Al sou jy jou was met loog of met hoe baie seep,Ek sal nog die vlekke van jou sonde sien, sê die Here my God.

23. Hoe kan jy dan sê: “Ek het my nie verontreinig nie,ek het nie die Baäls gedien nie”?Kyk hoe het jy jou gedra in die Hinnomdal.Besef tog wat jy gedoen het!Jy was soos 'n kameelkoei wat bul soek, wat kruis en dwars hardloop,

24. soos 'n wildedonkie wat tuis is in die woestyn.Jy was soos 'n bronstige kameelkoei wat die wind opsnuif,wat onkeerbaar is in haar hittigheid.Die bulle wat haar soek,hoef hulle nie moeg te hardloop agter haar aan nie;wanneer sy wil paar, kry hulle haar maklik.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 2