Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 18:19-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

19. Gee tog ag op my, Here,hoor wat sê my vyande!

20. Goed word tog nie met kwaad vergeld nie!Maar hulle grawe 'n gat vir my om in te val.Neem tog in ag hoe ek voor U kom staanen vir hulle gepleit hetdat u toorn teen hulle sal bedaar.

21. Maar laat hulle kinders nou van honger sterf,laat daar oorlog oor hulle kom.Maak hulle vrouens kinderlose weduwees:laat die mans sterf aan die pesen laat die jongmanne in die oorlog sneuwel.

22. Laat 'n bende hulle skielik oorval,sodat die jammerkrete uit hulle huise sal weerklink.Hulle het 'n gat gegrawe om my te vang,hulle het vir my strikke gestel.

23. U, Here, ken hulle planne om my dood te bewerk;moenie hulle oortredings vergewe nie,moenie hulle sonde ongestraf laat nie,laat hulle tot 'n val kom voor U,tree teen hulle op terwyl U nog toornig is.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 18