Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 18:16-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. Hy het hierdie land iets gemaak wat mense met afgryse vervul,iets waaroor hulle altyd van verbasing sal fluit.Elkeen wat daar verbykom, sal van verbasing die kop skud.

17. Soos die oostewind sal Ek my volkvoor die vyand uit verdryf;die dag as die ramp hulle tref,sal Ek my rug na hulle toe draaien hulle nie raaksien nie.

18. Van die mense het gesê: “Kom ons maak 'n plan met Jeremia. Daar sal altyd priesters wees om ons die wil van die Here te leer en wyse manne wat vir ons raad kan gee en profete by wie ons die boodskappe van die Here kan hoor. Kom ons voer 'n skinderveldtog teen hom en ons steur ons nie aan wat hy sê nie.”

19. Gee tog ag op my, Here,hoor wat sê my vyande!

20. Goed word tog nie met kwaad vergeld nie!Maar hulle grawe 'n gat vir my om in te val.Neem tog in ag hoe ek voor U kom staanen vir hulle gepleit hetdat u toorn teen hulle sal bedaar.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 18