Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 18:12-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Maar hulle sal sê: “Dit help nie. Ons wil lewe soos ons wil, elkeen wil sy eie koppige, slegte lewe lei.”

13. Daarom, so sê die Here:Vra tog onder die nasiesof iemand al van so iets gehoor het!Israel het 'n afstootlike ding gedoen.

14. Is die kranse van die Libanon ooit sonder sneeu,droog sy koue bergstrome wat uit ver plekke kom, ooit op?

15. Tog het my volk My vergeeten wierookoffers gebring vir gode wat nie bestaan nie,gode wat my volk laat struikel het op sy pad,op die pad wat hy van ouds af loop;hy het op ompaaie begin loop,op ongebaande weë.

16. Hy het hierdie land iets gemaak wat mense met afgryse vervul,iets waaroor hulle altyd van verbasing sal fluit.Elkeen wat daar verbykom, sal van verbasing die kop skud.

17. Soos die oostewind sal Ek my volkvoor die vyand uit verdryf;die dag as die ramp hulle tref,sal Ek my rug na hulle toe draaien hulle nie raaksien nie.

18. Van die mense het gesê: “Kom ons maak 'n plan met Jeremia. Daar sal altyd priesters wees om ons die wil van die Here te leer en wyse manne wat vir ons raad kan gee en profete by wie ons die boodskappe van die Here kan hoor. Kom ons voer 'n skinderveldtog teen hom en ons steur ons nie aan wat hy sê nie.”

19. Gee tog ag op my, Here,hoor wat sê my vyande!

20. Goed word tog nie met kwaad vergeld nie!Maar hulle grawe 'n gat vir my om in te val.Neem tog in ag hoe ek voor U kom staanen vir hulle gepleit hetdat u toorn teen hulle sal bedaar.

21. Maar laat hulle kinders nou van honger sterf,laat daar oorlog oor hulle kom.Maak hulle vrouens kinderlose weduwees:laat die mans sterf aan die pesen laat die jongmanne in die oorlog sneuwel.

22. Laat 'n bende hulle skielik oorval,sodat die jammerkrete uit hulle huise sal weerklink.Hulle het 'n gat gegrawe om my te vang,hulle het vir my strikke gestel.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 18