Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 17:23-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

23. Hulle was ongehoorsaam en het nie geluister nie, hulle was hardkoppig, hulle wou nie luister en hulle laat leer nie.

24. Maar as júlle aan My gehoorsaam is, sê die Here, en niks deur die poorte van hierdie stad dra op die sabbatdag nie, die dag heilig hou en geen werk doen op dié dag nie,

25. sal daar altyd konings wees wat op die troon van Dawid sit en deur die poorte van die stad gaan met hulle amptenare. Die konings en hulle amptenare sal saam met die mense van Juda en die inwoners van Jerusalem op strydwaens en perde ry, en dié stad sal altyd bewoon word.

26. Die mense sal uit die stede van Juda kom, uit die omstreke van Jerusalem, uit die gebied van Benjamin, uit die Laeveld, uit die Bergland, uit die Suidland, en hulle sal offers na die huis van die Here toe bring, brandoffers, graanoffers, wierook- en dankoffers.

27. Maar as julle aan My ongehoorsaam is en nie die sabbatdag heilig hou nie en op dié dag goed deur die poorte van Jerusalem dra, sal Ek die poorte aan die brand steek, en die vuur sal die mooi huise in Jerusalem verteer sonder dat iemand dit kan blus.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 17