Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 16:13-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Daarom sal Ek julle uit hierdie land uitdryf na 'n land toe waarvan julle nie weet nie en waarvan julle voorvaders ook nie geweet het nie. Daar sal julle dag en nag ander gode dien. Ek het geen medelye meer met julle nie.

14. Daar kom 'n tyd, sê die Here, dat daar nie meer gesê sal word: “So seker as die Here leef wat vir Israel uit Egipte laat trek het” nie,

15. maar: “So seker as die Here leef wat vir Israel uit die noordland laat trek het en uit al die lande waarheen Hy hulle verstrooi het.”Ek sal hulle terugbring na die land toe wat Ek aan hulle voorvaders gegee het.

16. Ek gaan baie vissers laat kom, sê die Here, en hulle sal die Israeliete vang. Daarna gaan Ek baie jagters laat kom, en dié sal op die Israeliete jag maak op elke berg en elke heuwel, in al die klipskeure.

17. Ek sien alles wat die Israeliete doen, niks is vir My verborge nie, hulle oortredings kan nie vir My weggesteek word nie.

18. Ek gaan hulle eers dubbel laat boet vir hulle oortredings en hulle sonde, want hulle het my land met hulle afstootlike dooie gode ontwy, hulle het my eie land volgemaak met hulle afskuwelike afgode.

19. Here, my Sterkte, my Beskermer,my Toevlug in tyd van nood,na U toe sal die nasies komvan die uithoeke van die aarde afen hulle sal sê:“Ons voorvaders het net vals gode gehad,nikswerd en nutteloos.”

20. Kan 'n mens vir hom gode maak?Dit is mos nie gode nie!

21. Daarom sal Ek die nasies my mag en my krag laat ken;dié keer sal Ek hulle dit laat ken,en hulle sal weet dat my Naam die Here is.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 16