Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 15:11-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. Die Here het belowe:Ek laat jou op die volk los, maar ten goede,Ek sal vir jou by jou vyande voorspraak doenin tyd van nood en rampe.

12. Kan 'n mens yster breek,yster uit die noorde, of brons?

13. Ek laat ander jou rykdom, jou skatte vat, Israel,nie omdat Ek iets in ruil daarvoor kry niemaar omdat jy dwarsoor jou land gesondig het.

14. Ek sal jou deur jou vyande laat wegvoerna 'n land toe wat jy nie ken nie.In my toorn sal daar 'n vuur losbreek,en dit sal jou brand.

15. U weet alles, Here:dink aan my, neem my onder u sorg,straf my vervolgers oor wat hulle aan my doen.Moet tog nie u toorn laat voortduur en my laat sterf nie;neem tog in ag dat dit oor U is dat ek beledig word.

16. Ek het u woorde verslind toe hulle gekom het,hulle was vir my 'n vreugde;ek was bly daaroor dat u Naam oor my uitgeroep is,Here, almagtige God.

17. Ek kon nie sit waar daar gesels en gelag worden dit saam geniet nie;U het my in besit geneem en ek moes alleen sit,vol van die verontwaardiging wat van U af kom.

18. Waarom is daar nie 'n einde aan my pyn nie,waarom is my wond ongeneeslik en wil dit nie gesond word nie?Ek kan nie op U reken nie,net so min as op 'n stroom wat nie standhoudend is nie.

19. Die Here het toe gesê:As jy jou woorde terugneem,sal Ek jou weer in my diens neem.As wat jy sê, waarde sal hêen nie onsin sal wees nie,sal jy weer namens My kan praat.Die mense moet jóú volg,nie jy vir hulle nie.

20. Ek maak jou vir hierdie volk 'n bronsmuurwaardeur hulle nie kan dring nie;hulle sal teen jou veg, maar hulle sal jou nie oorweldig nie,want Ek is by jou, sê die Here,Ek sal jou help en jou red.

21. Ek sal jou red uit die mag van slegte mense,jou bevry van dié wat op geweld uit is.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 15