Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 15:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Here het vir my gesê: Al het Moses en Samuel self by My gepleit, sou Ek geen gevoel vir dié volk gehad het nie. Stuur hulle weg van my teenwoordigheid af, laat hulle gaan.

2. En as hulle vir jou vra: “Waar moet ons dan heen?” moet jy vir hulle sê:So sê die Here:Wie vir pes bestem is, pes toe,wie vir die swaard bestem is, swaard toe,wie vir hongersnood bestem is, hongersnood toe,wie vir ballingskap bestem is, ballingskap toe.

3. Ek gee oor hulle opdrag aan vier soorte goed, sê die Here: die swaard om dood te maak, honde om die lyke weg te sleep, voëls en roofdiere om hulle op te vreet en te vernietig.

4. Ek maak dié volk iets waarvoor al die koninkryke van die aarde sal skrik. Ek doen dit oor wat koning Manasse van Juda, seun van Hiskia, in Jerusalem gedoen het.

5. Wie sal vir jou jammer wees, Jerusalem,wie sal medelye met jou hê?Wie sal afdraai en kom vra hoe gaan dit met jou?

Lees volledige hoofstuk Jeremia 15