Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 10:18-25 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. want, so sê die Here,Ek gaan die inwoners dié keer uit die land uit verdryf.Die nood wat Ek oor hulle gaan bring,sal niemand vryspring nie.

19. Dan sal elkeen roep:“Groot is my ellende, pynlik my wonde!Ek kan net sê: Dit is my lyding, dit sal ek moet dra.”

20. My tent is verwoes, sy toue afgeruk;my seuns het my verlaat, hulle is nie meer daar nie,daar is niemand om my tent weer op te slaan,om my tentseile te span nie.

21. Die herders het dwaas geword,hulle het nie na die wil van die Here gevra nie;daarom was hulle nie voorspoedig nieen is hulle hele kudde verstrooi.

22. Hoor! Daar kom 'n boodskapper,en 'n groot gedruis uit 'n land in die noorde!Hulle gaan die stede van Juda puinhope maak,lêplekke van jakkalse.

23. Ek weet, Here, die mens kan nie self sy pad kies nie, niemand kan self sy koers bepaal nie.

24. Here, straf ons soos ons verdien, maar nie in toorn nie, dat U ons nie tot niet maak nie.

25. Wees toornig op die nasies deur wie U nie erken word nie,oor die volke deur wie U nie aangeroep word nie,want hulle het vir Jakob verteer,hulle het hom verteer en vernietig en sy blyplek verwoes.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 10