Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 10:14-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. Dan sien elke mens hoe dom,hoe sonder kennis, hy is;dan staan elke goudsmid verleë met sy afgodsbeeld,want sy beeld is bedrog, daar is geen lewe in nie.

15. Hulle is nikswerd gode, voorwerpe van spot,hulle vergaan as die tyd van afrekening kom.

16. Die God van Jakob is nie soos hulle nie,Hy is die Skepper van alles en almal.Israel is die volk wat aan Hom behoort.Die Here die Almagtige is sy Naam.

17. Jy wat beleër word, hou jou besittings gereed,

18. want, so sê die Here,Ek gaan die inwoners dié keer uit die land uit verdryf.Die nood wat Ek oor hulle gaan bring,sal niemand vryspring nie.

19. Dan sal elkeen roep:“Groot is my ellende, pynlik my wonde!Ek kan net sê: Dit is my lyding, dit sal ek moet dra.”

20. My tent is verwoes, sy toue afgeruk;my seuns het my verlaat, hulle is nie meer daar nie,daar is niemand om my tent weer op te slaan,om my tentseile te span nie.

21. Die herders het dwaas geword,hulle het nie na die wil van die Here gevra nie;daarom was hulle nie voorspoedig nieen is hulle hele kudde verstrooi.

22. Hoor! Daar kom 'n boodskapper,en 'n groot gedruis uit 'n land in die noorde!Hulle gaan die stede van Juda puinhope maak,lêplekke van jakkalse.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 10