Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 1:8-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Moenie vir hulle bang wees nie,want Ek is by jou, Ek sal jou red.Dit is wat die Here gesê het.

9. Hy het sy hand uitgesteek, my mond aangeraaken vir my gesê:Ek het nou my woorde in jou mond gelê.

10. Kyk, Ek stel jou vandag aan oor nasies en oor koninkryke om af te breek en uit te roei, om te vernietig en plat te slaan, te bou en te vestig.

11. Die woord van die Here het tot my gekom: Wat sien jy, Jeremia?Ek het geantwoord: “Ek sien 'n amandeltak.”

12. Die Here het geantwoord: Jy het reg gesien. Ek staan gereed om te doen wat Ek gesê het.

13. Die woord van die Here het 'n tweede keer tot my gekom: Wat sien jy?Ek het geantwoord: “Ek sien 'n kokende pot in die noorde en dit kantel oor hiernatoe.”

14. Toe sê die Here vir my:Van die noorde af gaan Ek 'n ramp stuuroor almal wat in hierdie land woon.

15. Ek gaan alle volke, alle koninkryke van die noorde af roep,sê die Here.Hulle konings sal elkeen sy troon kom oprigvoor die poorte van Jerusalem,by die mure rondom die stad en by al die stede van Juda.

16. Ek sal die mense van Juda straf vir al hulle sondes:hulle het My verlaat, vir ander gode offers gebringen voor hulle eie handewerkin verering gebuig.

17. Maak klaar, staan op, sê vir hulle alles wat Ek jou beveel. Moenie vir hulle skrik nie, want dan verpletter Ek jou voor hulle oë.

18. Ek maak jou vandag 'n vestingstad, 'n ysterpilaar,'n bronsmuur sodat jy staande kan bly teen die hele land, teen die koningshuis van Juda en al sy amptenare,teen sy priesters en teen die bevolking.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 1