Ou Testament

Nuwe Testament

Habakuk 2:8-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Jy het baie nasies geplunder,maar nou sal dié wat oorgebly het, jou plunder,want jy het baie bloed vergiet,geweld gepleeg in baie lande, teen stede en teen hulle inwoners.

9. Ellende wag vir hom wat hom ten koste van ander wou verryk en daardeur 'n ramp oor sy familie gebring het,hy wat vir hom 'n hoë nes wou boujuis om 'n ramp vry te spring.

10. Met jou geknoei het jy jou familie se ondergang bewerk;jy wou baie volke uitroei, maar daarmee het jy 'n einde aan jou eie lewe gemaak.

11. Selfs die klippe in die mure skreeu oor wat jy gedoen het,en die balke skreeu saam.

12. Ellende wag vir hom wat 'n stad bou met moord,wat 'n dorp aanlê met onreg.

13. Dit is die Here die Almagtige wat dit beskik het dat dítwaarvoor volke gewerk hetin vlamme opgegaan het,dat volke hulle tevergeefs afgesloof het.

14. Soos waters die seebodem bedek,so sal die magtige teenwoordigheid van die Here oral op die aarde geken word.

15. Ellende wag vir hom wat, toe hy vir 'n ander drank gegee het,dit met gif gemeng heten hom dronk gemaak hetom na sy kaal geslagsdele te kan kyk.

16. Jy sal self met skande in plaas van met eer oorlaai word,jy sal self dronk word en jou ontbloot!Die Here sal jou die oordeelsbeker wat in sy hand is, gee om te drink,en jou eer sal in skande verander word.

17. Jou geweld teen die Libanon sal jouself tref,jou mishandeling van die diere op die Libanonsal jouself vernietig.Jy het baie bloed vergiet,jy het geweld gepleeg teen baie lande, teen stede met hulle inwoners.

18. Wat is die nut van 'n afgod?Dit is maar net iets wat deur 'n mens gemaak is,'n beeld waarvan net bedrogte wagte kan wees.Wat baat dit die maker om op sy maaksel te vertrouas hy 'n afgod gemaak het wat nie eens kan praat nie?

19. Ellende wag vir hom wat vir 'n stuk hout sê: “Word wakker!”of vir 'n dooie stuk klip: “Staan op!”Kan 'n afgod jou iets leer?Al is hy met goud of silwer oorgetrek,is daar geen lewe in hom nie.

20. Die Here is in sy heilige tempel:almal op aarde moet in sy teenwoordigheid stil wees!

Lees volledige hoofstuk Habakuk 2