hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3

Ou Testament

Nuwe Testament

Habakuk 2 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die antwoord van die Here: Wie reg doen, sal lewe

1. Ek wil op my uitkyktoring gaan staan,my plek op die vestingmuur gaan inneem,ek wil wag om te verneem wat die Here vir my sal sêen wat ek moet antwoord wanneer mense my verwyt.

2. Die Here het toe vir my gesê:Skryf wat Ek aan jou gaan openbaar duidelik op kleitablettesodat mense dit sommer in die verbygaan kan lees.

3. Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd;dit sal gou kom want dit kom beslis.Jy moet net geduldig bly wagas dit nie gou kom nie,want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.

4. Dit is die boodskap:Wie nie reg gesind is nie, sal sy verdiende loon kry,maar wie reg doen, sal lewe omdat hy getrou bly.

Oordeel oor die Galdeërs

5. 'n Hooghartige mens wat hom deur sy rykdom laat mislei,sal nie in sy doel slaag nie,al is hy so gulsig soos die doderyk,so onversadigbaar soos die dood,al versamel hy al die nasies rondom hom,al maak hy gevangenes van al die volke.

6. Dieselfde volke sal spotliedjies oor hom singen met minagting na hom verwys.Hulle sal sê:Ellende wag vir hom wat hom verryk met goed wat nie syne is nie,wat vir hom al meer goed inpalm wat verpand is. Hoe lank sal dit nog voortduur?

7. Die tyd kom vinnig nader dat jy self in die skuld sal wees,dat skuldeisers vir wie jy sidder, skielik voor jou sal staanen jou sal kaalstroop.

8. Jy het baie nasies geplunder,maar nou sal dié wat oorgebly het, jou plunder,want jy het baie bloed vergiet,geweld gepleeg in baie lande, teen stede en teen hulle inwoners.

9. Ellende wag vir hom wat hom ten koste van ander wou verryk en daardeur 'n ramp oor sy familie gebring het,hy wat vir hom 'n hoë nes wou boujuis om 'n ramp vry te spring.

10. Met jou geknoei het jy jou familie se ondergang bewerk;jy wou baie volke uitroei, maar daarmee het jy 'n einde aan jou eie lewe gemaak.

11. Selfs die klippe in die mure skreeu oor wat jy gedoen het,en die balke skreeu saam.

12. Ellende wag vir hom wat 'n stad bou met moord,wat 'n dorp aanlê met onreg.

13. Dit is die Here die Almagtige wat dit beskik het dat dítwaarvoor volke gewerk hetin vlamme opgegaan het,dat volke hulle tevergeefs afgesloof het.

14. Soos waters die seebodem bedek,so sal die magtige teenwoordigheid van die Here oral op die aarde geken word.

15. Ellende wag vir hom wat, toe hy vir 'n ander drank gegee het,dit met gif gemeng heten hom dronk gemaak hetom na sy kaal geslagsdele te kan kyk.

16. Jy sal self met skande in plaas van met eer oorlaai word,jy sal self dronk word en jou ontbloot!Die Here sal jou die oordeelsbeker wat in sy hand is, gee om te drink,en jou eer sal in skande verander word.

17. Jou geweld teen die Libanon sal jouself tref,jou mishandeling van die diere op die Libanonsal jouself vernietig.Jy het baie bloed vergiet,jy het geweld gepleeg teen baie lande, teen stede met hulle inwoners.

18. Wat is die nut van 'n afgod?Dit is maar net iets wat deur 'n mens gemaak is,'n beeld waarvan net bedrogte wagte kan wees.Wat baat dit die maker om op sy maaksel te vertrouas hy 'n afgod gemaak het wat nie eens kan praat nie?

19. Ellende wag vir hom wat vir 'n stuk hout sê: “Word wakker!”of vir 'n dooie stuk klip: “Staan op!”Kan 'n afgod jou iets leer?Al is hy met goud of silwer oorgetrek,is daar geen lewe in hom nie.

20. Die Here is in sy heilige tempel:almal op aarde moet in sy teenwoordigheid stil wees!