Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 7:1-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Toe sê die Here vir Noag: “Jy en jou hele gesin moet in die ark ingaan. Ek het jou gesien en onder hierdie geslag bevind Ek jou regverdig.

2. Van al die rein diere moet jy sewe pare, manlik en vroulik, saamvat en van al die onrein diere net een paar, manlik en vroulik.

3. Ook uit die voëls moet jy sewe pare, mannetjies en wyfies, saamvat. Dit moet jy doen om al die soorte op die hele aarde aan die lewe te laat bly.

4. Oor sewe dae sal Ek dit veertig dae en nagte lank laat reën en alles wat leef, wat Ek gemaak het, wegvee van die aarde af.”

5. Noag het alles gedoen soos die Here hom beveel het.

6. Noag was ses honderd jaar toe die vloedwaters oor die aarde gekom het.

7. Noag en sy seuns en sy vrou en sy skoondogters het in die ark ingegaan vir die vloedwaters.

8. Die rein en die onrein diere, die voëls, en die diere wat kruip,

9. het in pare, manlik en vroulik, na Noag toe in die ark gekom soos God vir Noag gesê het.

10. Op die sewende dag het die vloedwaters oor die aarde gekom.

11. Presies op die sewentiende dag van die tweede maand van die ses honderdste jaar van Noag het die fonteine van die groot waters oopgebreek. Die vensters van die hemel is oopgemaak,

12. sodat daar 'n stortreën op die aarde geval het, veertig dae en veertig nagte lank.

13. Dit was die dag waarop Noag en sy seuns, Sem, Gam en Jafet, en sy vrou en sy drie skoondogters almal saam in die ark ingegaan het.

Lees volledige hoofstuk Genesis 7