Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 6:4-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. In daardie tyd was daar reuse op die aarde, en ook daarna wanneer die hemelwesens na die dogters van die mense toe gekom en kinders by hulle gehad het. Hulle was die sterk mense van die ou tyd, die manne van naam.

5. Toe die Here sien hoe groot die verdorwenheid van die mens op aarde is en dat hy sy lewe lank net slegte dinge bedink,

6. was die Here bedroef daaroor dat Hy die mens op die aarde gemaak het. Dit het Hom diep gegrief.

7. Die Here het gesê: “Ek sal die mens wat Ek geskep het, wegvee van die aarde af; mens en dier, ook dié wat kruip, en die voëls, want Ek is bedroef daaroor dat Ek hulle gemaak het.”

8. Maar Noag is deur die Here begenadig.

9. Hier volg die verhaal van Noag.Noag was 'n regverdige man. Onder sy tydgenote was hy onberispelik en hy het naby God geleef.

10. Noag het drie seuns gehad: Sem, Gam en Jafet.

11. Die aarde was korrup in die oë van God, vol geweld;

12. Hy het die aarde gesien: dit was korrup, elke mens op aarde se lewe was verrot.

Lees volledige hoofstuk Genesis 6