Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 48:12-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Josef het sy seuns van sy pa se skoot af getel en voor hom gebuig.

13. Toe vat Josef die twee aan die hand: Efraim met sy regterhand, links van Israel, en Manasse met sy linkerhand, regs van Israel. Maar toe Josef hulle naby hom bring,

14. het Israel sy arms gekruis en sy regterhand op Efraim se kop gesit al was hy die jongste, en sy linkerhand op Manasse s'n al was hy die oudste.

15. Hy het vir Josef geseën en gesê:“Mag die God naby wiemy voorvaders Abraham en Isak geleef het,die God wat vir my van my geboorte af tot nou toe gesorg het,

16. die Engel wat my uit elke moontlike gevaar gered het,mag Hy die seuns seën.Dan sal my naam voortleef in hulle,en ook dié van my voorvaders Abraham en Isak.Mag die seuns vermeerder en baie word in daardie land.”

17. Toe Josef sien sy pa sit sy regterhand op Efraim se kop, het Josef gedink dis nie reg nie en toe tel hy Jakob se hand van Efraim se kop af op om die hand op Manasse se kop te sit.

18. Josef het vir sy pa gesê: “Dit hoort nie so nie, Pa! Manasse is die oudste, sit Pa se regterhand op sy kop.”

19. Maar sy pa het geweier en gesê: “Ek weet dit, my seun. Ook hý sal 'n volk word, ook hý sal baie word, maar sy jonger broer sal sterker word as hy, en die jonger broer se nageslag sal 'n magtige nasie word.”

20. Daardie dag het Jakob die twee seuns geseën:“Die Israeliete sal mekaar seën met die woorde:Mag God jou maak soos Efraim en Manasse.”So het Jakob vir Efraim bo Manasse gestel.

21. Toe sê Israel vir Josef: “Ek gaan binnekort sterf, maar God sal by julle wees. Hy sal julle terugbring in die land van julle voorvaders.

22. Aan jou gee ek iets meer as aan jou broers: Sigem, wat ek van die Amoriete afgeneem het met my swaard en met my pyl en boog.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 48