Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 40:7-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Hy het vir die twee wat saam met hom in die tronk was, die amptenare van die farao, gevra: “Waarom lyk julle vandag so bedruk?”

8. Hulle het hom geantwoord: “Ons het elkeen 'n droom gehad en ons weet nie wat dit beteken nie.”Toe sê Josef vir hulle: “God ken julle drome se uitleg. Vertel die drome vir my.”

9. Die hoof van die skinkers het sy droom vir Josef vertel. Die skinker het gesê: “In my droom het ek 'n wingerdstok voor my gesien,

10. en aan die wingerdstok was daar drie lote. Dit het kwalik gebot of daar was al blomme, en toe is die trosse druiwe ryp.

11. Ek het die farao se beker in my hand gehad en ek het die druiwe gepluk en daarin uitgedruk. Toe gee ek die beker vir die farao.”

12. Josef het vir die skinker gesê: “Dit is die uitleg: die drie lote is drie dae.

13. Oor drie dae sal die farao aan jou aandag gee en jou in jou amp herstel. Jy sal weer vir die farao sy beker aangee soos vroeër toe jy sy skinker was.

14. Maar wanneer dit goed gaan met jou, moet jy aan my dink en moet jy my 'n guns bewys. Jy moet my saak vir hom stel en sorg dat ek uit hierdie plek uitkom.

15. Ek is uit die land van die Hebreërs gesteel en ook hier het ek niks gedoen waaroor hulle my in hierdie gat kon gooi nie.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 40