Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 40:15-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. Ek is uit die land van die Hebreërs gesteel en ook hier het ek niks gedoen waaroor hulle my in hierdie gat kon gooi nie.”

16. Toe die hoof van die bakkers die gunstige uitleg hoor wat Josef gegee het, sê hy vir hom: “En nou ek! In my droom was daar drie mandjies met brood op my kop.

17. In die boonste mandjie was daar 'n geurige baksel vir die farao. Maar die voëls het dit so uit die mandjie uit op my kop kom opvreet.”

18. Josef het vir die bakker gesê: “Dit is die uitleg: die drie mandjies is drie dae.

19. Oor drie dae sal die farao aan jou aandag gee, maar vir jóú sal hy aan 'n paal laat ophang en die voëls sal jou vleis van jou afvreet.”

20. Drie dae later was dit die farao se verjaarsdag en hy het al sy amptenare op 'n groot ete onthaal. Daar voor sy amptenare het hy aandag gegee aan die saak van die skinker en die bakker.

21. Hy het die hoof van die skinkers in sy amp as skinker herstel, en die skinker het weer vir die farao sy beker aangegee,

22. maar hy het die hoof van die bakkers laat ophang. Dit alles het gebeur soos Josef vir die twee hulle drome uitgelê het.

23. Maar die hoof van die skinkers het nie aan Josef gedink nie, hy het van Josef vergeet.

Lees volledige hoofstuk Genesis 40