Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 35:17-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Met dié dat Ragel so swaar ly by die bevalling, sê die vroedvrou vir haar: “Moenie bekommerd wees nie. Ook hierdie keer het jy 'n seun!”

18. Maar Ragel was aan die sterf en terwyl sy haar laaste asem uitblaas, noem sy die seuntjie Ben-Oni. Sy pa het hom egter Benjamin genoem.

19. Ragel het gesterf, en sy is begrawe langs die pad na Efrata toe, dit is Betlehem.

20. Jakob het 'n groot klip op haar graf gesit. Dit is die klip wat nou nog op haar graf is.

21. Israel het verder weggetrek en kamp opgeslaan anderkant Migdal-Eder.

22. Terwyl Israel in daardie landstreek gebly het, het Ruben gemeenskap gehad met Bilha, sy pa se slavinvrou. Israel het dit te hore gekom.Jakob het twaalf seuns gehad.

23. Die seuns van Lea was Ruben, die oudste, Simeon, Levi, Juda, Issaskar en Sebulon.

24. Die seuns van Ragel was Josef en Benjamin.

25. Die seuns van Ragel se persoonlike slavin Bilha was: Dan en Naftali.

26. Die seuns van Lea se persoonlike slavin Silpa was: Gad en Aser.Dit is Jakob se seuns wat in Paddan-Aram gebore is.

Lees volledige hoofstuk Genesis 35