Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 26:27-35 Afrikaans 1983 (AFR83)

27. en Isak sê vir hulle: “Waarom kom julle na my toe? En dit nogal nadat julle my onvriendelik behandel het en my van julle af weggestuur het!”

28. Hulle het geantwoord: “Ons het baie duidelik gesien die Here is by jou. Ons wil onder eed 'n ooreenkoms met jou aangaan. Ons wil 'n verdrag met jou sluit

29. dat jy ons nie sleg sal behandel nie, net soos ons jou nie benadeel het nie. Ons het net goed aan jou gedoen en jou sonder enige skade van ons af laat weggaan. Dit is so: jy word deur die Here geseën.”

30. Isak het toe vir hulle 'n maaltyd klaargemaak en hulle het geëet.

31. Die volgende môre het hulle vroeg klaargemaak en hulle en Isak het aan mekaar 'n belofte onder eed gemaak. Toe het Isak hulle laat gaan en is hulle in vrede van hom af weg.

32. Daardie dag het Isak se slawe gekom en hom vertel van die put wat hulle gegrawe het. Hulle het vir hom gesê: “Ons het water gekry.”

33. Toe noem hy dit Seba en daarom is die naam van die stad nou nog Berseba.

34. Toe Esau veertig was, het hy getrou met Jehudit dogter van Beëri, 'n Hetiet, en met Basemat dogter van Elon, 'n Hetiet.

35. Hulle het baie kommer in Isak en Rebekka se lewe gebring.

Lees volledige hoofstuk Genesis 26