Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 26:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Na die eerste hongersnood vroeër in Abraham se tyd was daar weer 'n hongersnood in die land. Isak het toe na Gerar toe getrek, na koning Abimelek van die Filistyne toe.

2. Die Here het aan Isak verskyn en vir hom gesê: “Moenie Egipte toe trek nie. Bly waar Ek jou sê: in hierdie land.

3. Bly 'n tyd lank hier, en Ek sal by jou wees en jou voorspoedig maak. Ek gee hierdie hele wêreld aan jou en jou nageslag. Ek sal die belofte nakom wat Ek met 'n eed teenoor jou vader Abraham afgelê het.

4. Ek sal jou nageslag so baie maak soos die sterre aan die hemel. Ek sal hierdie hele wêreld aan jou nageslag gee, en al die nasies van die aarde sal in jou nageslag geseën wees,

5. want Abraham het na My geluister en hy was gehoorsaam aan my bevel: my gebooie, my voorskrifte en my wette.”

6. Isak het toe in Gerar gebly.

7. Die mense daar het oor sy vrou begin uitvra, en hy het gesê: “Dit is my suster.”Hy was bang om te sê dis sy vrou, want dan sou hulle hom dalk doodmaak oor Rebekka wat 'n baie mooi vrou was.

Lees volledige hoofstuk Genesis 26