Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 20:12-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Sy is regtig my suster: sy is my pa se dogter, maar nie my ma s'n nie. Ek is met haar getroud.

13. Toe God my uit my vaderland laat wegtrek het, het ek vir haar gesê: Jy kan wys dat jy my liefhet deur op elke plek waar ons kom, van my te sê: Hy is my broer.”

14. Abimelek het toe kleinvee en grootvee, slawe en slavinne gevat en vir Abraham gegee en Sara ook aan haar man teruggegee.

15. Toe sê Abimelek vir hom: “My land lê oop voor jou. Bly net waar jy wil.”

16. Vir Sara het Abimelek gesê: “Ek gee aan jou broer duisend stukke silwer. Dit is om almal wat by jou is, te laat stilbly en om te wys alles is in orde.”

17. Abraham het toe tot God gebid, en Hy het vir Abimelek gesond gemaak, ook sy vrou en sy slavinne, en toe kon hulle weer kinders hê.

18. Dit was nadat die Here elke vrou in die huis van Abimelek daarvan weerhou het om kinders te hê. Die Here het dit gedoen oor wat gebeur het met Sara die vrou van Abraham.

Lees volledige hoofstuk Genesis 20