Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 18:8-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Toe het Abraham botter en melk en die kalf wat voorberei is, gevat en voor die mans neergesit, en hulle het daar onder die boom geëet terwyl hy hulle bedien.

9. Toe vra hulle hom: “Waar is jou vrou Sara?” en hy antwoord: “Hier in die tent.”

10. Toe sê die een: “Ek sal beslis volgende jaar hierdie tyd na jou toe terugkom, en dan sal jou vrou Sara 'n seun hê.”Sara het by die tentopening gestaan en afluister, en die een wat gepraat het, was aan die buitekant.

11. Abraham en Sara was albei al baie oud, en Sara was verby die ouderdom van kinders in die wêreld bring,

12. en daarom het sy by haarself gelag en gedink: sal ek nog genot kan hê noudat ek afgeleef is? En dit met my man wat oud is?

13. Toe vra die Here vir Abraham: “Waarom lag Sara? Waarom dink sy: sal ek werklik 'n kind in die wêreld bring noudat ek oud is?

14. Is iets te buitengewoon vir die Here? Op die vasgestelde tyd sal Ek terugkom. Volgende jaar hierdie tyd sal Sara 'n seun hê.”

15. Sara het geskrik en toe 'n leuen vertel. “Ek het nie gelag nie,” het sy gesê.Maar die Here het gesê: “Nee, jy het gelag.”

16. Toe die mans opstaan om te vertrek, het Abraham 'n entjie saam met hulle gestap. Die mans het afgekyk in die rigting van Sodom,

17. en toe dink die Here: sal Ek vir Abraham wegsteek wat Ek wil doen?

Lees volledige hoofstuk Genesis 18