Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 16:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Sarai het nog nie vir haar man Abram 'n kind in die wêreld gebring gehad nie. Sy het 'n Egiptiese slavin met die naam Hagar gehad.

2. Toe sê Sarai vir Abram: “Die Here het my nou eenmaal daarvan weerhou om kinders te kan hê. Gaan slaap by my slavin. Miskien bring sy 'n kind in die wêreld wat my eie kan word.”En Abram het saamgestem met sy vrou.

3. Abram was al tien jaar in Kanaän toe Sarai, die vrou van Abram, self vir Hagar, haar Egiptiese slavin, gevat en vir haar man Abram as vrou gegee het.

4. Hy het by Hagar gaan slaap, en sy het swanger geword. Toe sy agterkom sy is swanger, het sy haar eienares geminag.

5. Toe sê Sarai vir Abram: “Jy dra die skuld vir hierdie onreg wat ek moet verduur. Ek het my slavin vir jou gegee om met haar gemeenskap te hê, en noudat sy agterkom sy is swanger, minag sy my. Mag die Here hierdie saak tussen my en jou uitwys.”

6. Maar Abram sê vir Sarai: “Jou slavin staan onder jou. Doen met haar soos jy goeddink.”Sarai het haar slavin toe sleg behandel, en sy het weggeloop.

7. Die Engel van die Here het vir Hagar ontmoet by 'n fontein in die woestyn, die fontein langs die pad na Sur toe,

8. en vir haar gevra: “Hagar, slavin van Sarai, waar kom jy vandaan en waar gaan jy heen?”Toe antwoord sy: “Ek loop van my eienares Sarai af weg,”

Lees volledige hoofstuk Genesis 16