Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 14:6-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. en die Goriete in die Seïrberge tot by El-Paran in die woestyn.

7. Kedorlaomer-hulle het toe omgedraai en by En-Mispat gekom, dit is Kades, en daar het hulle die hele gebied van die Amalekiete verower en ook nog die gebied van die Amoriete wat toe in Gaseson-Tamar gewoon het.

8. Die konings van Sodom, Gomorra, Adma, Sebojim en Bela, dit is Soar, het toe opgetrek en in die Siddimvlakte teenoor die ander konings stelling ingeneem om te veg,

9. teenoor koning Kedorlaomer van Elam, koning Tidal van Gojim, koning Amrafel van Sinar, koning Arjok van Ellasar, vyf konings teen vier.

10. In die Siddimvlakte was daar oral asfaltgate, en toe die konings van Sodom en Gomorra gevlug het, het hulle daarin geval. Wie van hulle oorgebly het, het na die berge toe gevlug.

11. Die vier konings het al die besittings van Sodom en Gomorra en ook al hulle kos buitgemaak en vertrek.

12. Hulle het ook vir Lot, Abram se broerskind, en al sy besittings gevat en vertrek. Hy het daardie tyd in Sodom gewoon.

Lees volledige hoofstuk Genesis 14