Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 12:2-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Ek sal jou 'n groot nasie maak,Ek sal jou seën en jou 'n man van groot betekenis maak,en jy moet tot 'n seën wees.

3. Ek sal seën wie jou seën,en hom vervloek wat jou vervloek.In jou sal al die volke van die aarde geseën wees.”

4. Abram het toe weggetrek, gehoorsaam aan die woord van die Here, en Lot het saam met hom getrek. Abram was vyf en sewentig toe hy uit Haran weggetrek het.

5. Hy het sy vrou Sarai en sy broerskind Lot en al die besittings wat hulle bymekaargemaak het en al die slawe wat hulle in Haran aangeskaf het, saamgevat en hulle het weggetrek na Kanaän toe.Nadat hulle in Kanaän aangekom het,

6. het Abram deur die land getrek tot by Sigem se aanbiddingsplek by die groot waarsêersboom. In daardie tyd het die Kanaäniete die land bewoon.

7. Toe het die Here aan Abram verskyn en vir hom gesê: “Aan jou nageslag gee Ek hierdie land.”Abram het daar 'n altaar gebou vir die Here wat aan hom verskyn het.

Lees volledige hoofstuk Genesis 12