Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 5:15-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. Sy opdrag aan Sesbassar was: ‘Vat hierdie goed terug na die tempel toe in Jerusalem en bou die tempel weer op sy oorspronklike plek.’

16. Dié Sesbassar het toe gekom en die fondamente van die tempel in Jerusalem gelê. Van daardie tyd af tot nou toe word daar gebou, maar dit is nog nie klaar nie.

17. “As die koning dit dan nou goedvind, laat ondersoek doen in die koninklike argief daar in Babel en stel vas of dit so is dat koning Kores opdrag gegee het dat hierdie tempel in Jerusalem weer gebou moet word. Laat ons dan weet wat die koning se beslissing is.”

Lees volledige hoofstuk Esra 5